DRK van VN vir sanksies teen Rwanda

Die Demokratiese Republiek die Kongo vra die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad om sanksies in te stel teen politieke besluitnemers en bevelvoerders van die Rwandese weermag. Dit kom terwyl die Rwandees-gesteunde M23-groep vordering maak in strategiese sones in die oostelike DRK nadat hulle Goma en Bukavu ingeneem het. Die DRK se minister van Buitelandse Sake, Thérèse Kayikwamba Wagner, sê die Veiligheidsraad moet ook onmiddellik Rwanda se status herroep as land wat soldate beskikbaar stel vir VN-vredesendings, en wapenverkope aan die land streng monitor.