Terugvoer oor NamPower-aanleg gesoek
Onlangs is berig dat NamPower ‘n 100 megawatt fotovoltaïese sonkragaanleg in die Karas-streek van Namibië oprig. Die projek, op die plaas Witputz naby Rosh Pina, vra nou vir besware daarteen, ingevolge die proses. Dit moet die maatskappy teen 21 Februarie bereik. Die Rosh Pinah Solar PV Plant sal die grootste sonkragaanleg in die land wees en sal Namibië se hernubare energiekapasiteit aansienlik verhoog. NamPower befonds dit self en die aanleg sal na verwagting teen middel 2026 in gebruik geneem word.