Trump-tariewe gee Cosatu hoofbrekensFebruary 15, 2025
In die buurland sê Cosatu hy is diep bekommerd oor die president van Amerika, Donald Trump, se aankondiging van moontlike tariewe op uitvoere deur Suid-Afrika en ander lande. Die Cosatu-woordvoerder, Matthew Parks, sê dit bedreig duisende Suid-Afrikaanse werksgeleenthede in talle sektore, waaronder landbou, mynbou, juweliersware, chemikalieë, die motorbedryf en klerasie. Hy sê met ‘n werkloosheidskoers van 41,9 persent kan Suid-Afrika nie bekostig om nog werksgeleenthede te verloor nie: