Sport sê waar hy geld bestee, maar dis nie stadions nie

Die adjunk-sportminister Emma Kantema-Gaomas het vanoggend in die kabinet se inligtingsessie meer besonderhede bekend gemaak oor die bykomende 14.5 miljoen Namibiese dollar wat haar ministerie in die middeltermyn begroting ontvang het. Dit is bo en behalwe die 473,2 miljoen dollar wat sport en jeug in Februarie ontvang het. Kantema-Gaomas het besteding van die jongste bedrag so uiteengesit, sonder om enige melding te maak van die opknapping van stadions in die land.

Tydens sy middeltermyn begroting het finansminister Ipumbu Shiimi spesifiek daarvan melding gemaak dat die kwessie met die stadions nie ‘n geldelike uitdaging is nie.