Nuwe fonds stel R1,2 miljard beskikbaar vir boere
Die buurland se landbouminister, Thoko Didiza, het die Agro-energiefonds se vennootskap met die Landbank amptelik bekend gestel. Die fonds ondersteun klein- tot grootskaalse landbouprodusente en is gemik op hulp aan boere om energie-uitdagings te verlig. Dit moedig belegging aan in alternatiewe energiebronne en bied ‘n gemengde befondsing-struktuur van toelaes en lenings van altesaam 1,2 miljard Suid-Afrikaanse rand. Didiza sê voorkeur sal gegee word aan melkboere, varkboere, besproeiings-boere en pluimveeboere wat fokus op energie-intensiewe landbou-bedrywighede: