Tenders: Sat vir aktetas-maatskappye, hofuitdagingsAugust 14, 2023

Reaksie word ontvang op berigte dat die omstrede gesondheidstender, wat onlangs gekanselleer is, in die hof sal draai. Die sogenaamde kondoom-tender, ter waarde van 1,58 miljard Namibiese dollar het die nuus gehaal oor kondoomverskaffing maar talle ander toerusting is aangevra. Nou het Helena Figura van Talindje Investments, wat 141 miljoen dollar van die tender ontvang het, om onder andere, handskoene en spuitproppies te verskaf, haar eis by die hof, om die kansellasie van die tender te hersien, ingedien. Die maatskappy is nie sonder sy eie omstredenheid nie. Figura blyk om die enigste werknemer te wees en die adres van die maatskappy is haar ma, Saara Katiti, oud-baas van TransNamib, se huis in Hochlandpark. Daar word gereeld kritiek uitgespreek oor tenders wat aan sogenaamde aktetas-maatskappye toegeken word. Kosmos 94.1 nuus het met die skaduminister vir finansies van die PDM, Nico Smit, gesels.