Wêreldbank pas sanksies teen Uganda toe oor gay wette

Die Wêreldbank het by Amerika aangesluit en pas sanksies toe teen Uganda oor sy nuwe wet teen gay mense. Die bank sê hy het weens dié wet besluit om nie nuwe lenings aan Uganda toe te staan nie omdat dit basies teen sy waardes indruis. Die wet teen homoseksualiteit skryf die doodstraf voor vir sogenaamde verswarende gevalle wat gay-seks met iemand jonger as 18 jaar insluit. Die bank sê die doel is om seksuele en geslagsminderhede te beskerm teen diskriminasie en uitsluiting van die projekte wat hy finansier.