Rugby: Leinster verwag harde stryd teen Bulle
Rugby: Die Bulle verwelkom Saterdag die onoorwonne voorloper op die Verenigde Rugbykampioenskaps-punteleer, Leinster, op Loftus Versfeld. Die voormalige losvoorspeler van die Britse en Ierse Leeus, Sean O’Brien, neem waar as hoofafrigter van ʼn jong Leinster-span terwyl Leo Cullen huiswaarts gekeer het om die uitsoekgroep vir hulle Kampioenebeker-halfeindstryd teen Toulouse voor te berei. O’Brien glo dit sal ʼn harde wedstryd wees teen die Bulle, wat ʼn vol-sterkte Leinster die vorige seisoen in die halfeindstryd in Dublin getroef het.