Omgewings-aktivis stap teen plastiekbesoedeling

Owen Muhenje, ‘n omgewings-aktivis en toergids van Epupa langs die Kunenerivier, is besig om te stap om bewustheid teen plastiekbesoedeling te skep. Hy wil 960 kilometer stap en het reeds 640 kilometer vanaf die Kunene tot die kus afgelê. Daarna wil hy in vier Afrikalande, naamlik Zimbabwe, Zambia, Angola en Botswana fietsry. Hy het fondse vir ‘n fiets nodig, maar sê hy gaan slegs met ‘n bottel water ry en maak staat op die gemeenskappe vir kos en akkommodasie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *