Nuwe bewerings oor Fishrot-fondseApril 3, 2021
Al Jazeera se ondersoekende eenheid in samewerking met Georganiseerde Misdaad en Korrupsie Verslagdoeningsprojek en die Namibian dagblad het glo bewysstukke wat President Hage Geingob betrek by N$4,5 miljoen van die Fishrot-fondse wat na bewering verduister is om Swapo amptenare om te koop by die party se 2017 Swapo verkiesingskongres.