17-jarige verskyn vir aanranding van dogtertjie, 5

Die 17-jarige seun wat daarvan aangekla word dat hy ‘n 5-jarige meisie aangerand het en ook die Kinderbeskermings Wet oortree het, het vanoggend in die Outapi Landdroshof verskyn. Hy is in die sorg van ‘n voog vrygelaat. Die landdros, Dephine Mubita het die saak tot 28 Junie uitgestel vir verdere ondersoek en vir die verdagte om regshulp te bekom. Die insident het skokgolwe deur die gemeenskap gestuur met berigte dat die verdagte opdrag gegee het dat die insident verfilm word. In die beeldmateriaal klap hy die dogtertjie herhaaldelik tot sy op die grond neerval. Volgens owerhede sal die persoon wat die video gemaak het, as a ‘n getuie vir die staat optree.