Inentings lei tot ekonomiese groei

Martin Kingston van Business for South Africa sê die organisasie is trots om met die regering saam te werk om lewens te beskerm met die plan om teen volgende jaar 40-miljoen mense teen Covid-19 in te ent. Die sakewêreld speel ‘n integrale rol met bystand aan die regering se Covid-19 elektroniese inentings-datastelsel wat die minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, vanoggend bekend gestel het. Kingston sê dis belangrik dat so veel moontlik Suid-Afrikaners die entstof moet kry: