Dit gaan goed met Cyril

Die minister in die Suid-Afrikaanse Presidensie Mondli Gungubele het bevestig dat President Cyril Ramaphosa in ’n goeie luim is terwyl hy herstel van sy Covid-infeksie. Hy het, kort nadat hy teruggekeer het van sy Afrika-toer tien dae gelede, positief getoets. Sy simptome is volgens berigte baie lig. Die 69-jarige Ramaphosa is ten volle ingeënt. Hy self-isoleer in Kaapstad. Adjunkpresident David Mabuza staan sy skoene vol.