140 sake op die eerste mosiehofrol

Die eerste mosiehof-sessie vir die jaar het 140 aansoeke op die rol gehad waarvan daar 14 reël 108 aansoeke was en in totaal, 71 wat deur kommersiële banke gebring is. Regters Shafimana Ueitele en Nate Ndauendapo het die sessies hanteer. ‘n Totaal van 29 eiendomme is teruggevra met uitstaande skuld van 36,6 miljoen Namibiese dollar. Twee voertuie is ook opgeëies en 40 onbetaalde lenings ter waarde van 8,7 miljoen dollar is ook nou betaalbaar. Maandag is daar ‘n rekord hoeveel onverdedigde egskeidings voor die hof. Die 206 sake sal deur regter Boas Usiku en Thomas Masuku hanteer.