SA toerismeminister ontsteld oor President se mediaspan

Die Suid-Afrikaanse minister van toerisme, Lindiwe Sisulu, sê sy is ontsteld, omdat President Cyril Ramaphosa se mediaspan gisteraand ‘n opsetlik foutiewe verklaring uitgereik het. Sy sê vandag in ‘n verklaring sy is nooit in die gesprek met Ramaphosa tereggewys is nie. Sy het ook nie gesê sy is spyt oor haar aanval op die Grondwet nie, en het ook nie ingestem om haar artikel terug te trek of daarvoor verskoning sal maak nie. Sisulu het wel ingestem om die spesifieke sin oor die regsbank waarmee Ramaphosa ‘n probleem gehad het, te heroorweeg.