Walvis se water-kwaliteit onder die loep

‘n Inwoner van Walvisbaai Irvin Summers het kontak met Kosmos 94.1 Nuus gemaak oor die kwaliteit van die water op die dorp. Volgens hom, en ook luidens ‘n video op sosiale media, het die water swart oorblyfsel, al word dit tuis filtreer.

Die burgemeester van die kusdorp, Trevino Forbes, sê daar sal volgende week met Summers in die verband vergader word.