Zuma se vervoer na tronk het duisende rande gekos

Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, sê die polisie se afdeling vir presidensiële beskermingsdienste het meer as 9 000 rand bestee om oudpresident Jacob Zuma van sy huis in Nkandla na die gevangenis in Estcourt te vervoer. Hy het op ‘n geskrewe vraag van die DA-parlementslid Dean Macpherson geantwoord 8 526 rand is gebruik vir ligte voertuie en 490 rand vir pantservoertuie. Die ontplooiing van openbare-orde-polisielede en lede van die taktiese reaksiespan in Empangeni voor die inhegtenisneming het 160 000 rand beloop.