Salariskonflik tussen Stad Kaapstad en vakbonde

Spanning neem toe tussen die Stad Kaapstad en vakbonde nadat die stad gesê het hy gaan ‘n nuwe salaris-ooreenkoms vir plaaslike regering teenstaan. Volgens die ooreenkoms kry alle munisipale werkers tot 2023 ‘n verhoging van 3,5 persent. Die vakbond Samwu is op die oorlogspad oor die stad se versoek om van die verhoging uitgesluit te word. Kaapstad se onderburgemeester, Ian Nielsen, sê egter die stad kan dit eenvoudig nie bekostig nie.