Zimbabwiese ekonoom ook bekommerd oor sy land se ekonomie

‘n Zimbabwiese ekonoom reageer op die kommer van die Konfederasie van Zimbabwiese Nywerhede wat sê die land se valuta loop die risiko om verwerp te word as weghol-inflasie nie gestuit word nie. Dit volg nadat beleids-ingrypings oor die afgelope ses maande nie daarin kon slaag om die land se plaaslike geldeenheid te beskerm nie. Die sake-groep sê die land se jaarlikse inflasie het verlede maand die hoogte ingeskiet tot 192 persent. Intussen dui data daarop die Zimbabwiese dollar is die geld-eenheid in Afrika wat die slegste presteer. Dit het vanjaar reeds meer as twee-derdes van sy waarde teenoor die Amerikaanse dollar verloor. Zimbabwiese ekonoom Eddie Cross gesels met Kosmos 94.1 Nuus.