Agri-Noordwes: NWU moet Potchefstroomse Landboukollege oorneem 

Agri-Noordwes sê die owerhede moet die Universiteit van Noordwes se Potchefstroomse kampus toelaat om die Potchefstroomse Landboukollege oor te neem. Dit volg op berigte die kollege stort in duie. Die assistent-hoofbestuurder van Agri-Noordwes, Naudé Pienaar, sê die instelling was altyd bekend vir sy uitstekende opleiding en uiters kosbare genetika van lewende hawe, uitsonderlike Afrikanerbees-stoet en baanbrekerswerk met veeteelt. Hy sê daar is egter feitlik niks daarvan oor nie. Volgens Pienaar moet iets daadwerkliks gedoen word om die instelling te red.