Zim se goue muntstuk is ‘n goeie idee

Zimbabwe se 22-karaat goue muntstuk wat deur die sentrale bank in die mark geplaas is, is volgens ekonome ‘n baie goeie idee. Die munt, wat meer as 1 800 Amerikaanse dollar kos, word geag as ‘n veilige manier om geld in daardie land se spaar en die waarde daarvan te bewaar.