Bokke is deeglik bewus van All Blacks-uitdaging

Die Springbokke se hulpafrigter, Mzwandile Stick, sê hulle is deeglik bewus van die uitdagings wat voorlê in kragmetings teen Nieu-Seeland, Australië en Argentinië in die Rugby-kampioenskap. Die Bokke se veldtog skop af met agtereenvolgende toetse teen die All Blacks in Suid-Afrika. Die eerste toets is volgende Saterdag op die Mbombela-stadion in Mpumalanga en die tweede een ‘n week later in Johannesburg. Stick sê hulle het deur die jare geleer hulle word in elke toetswedstryd uitgedaag, so hierdie week konsentreer hulle op intensiteit en akkuraatheid.