Zim-klimaatsbeloftes is drome – MDC

Zimbabwe het meer ambisieuse teikens voor die Verenigde Nasies se Klimaatberaad aanvaar om hul kweekhuisgasse te verminder. Die beraad vind in November plaas en Zimbabwe wil nou teen 2030 hul kweekhuisgasse met 40 persent in alle sektore verlaag, teenoor voorheen se daling van 33 persent. ‘n MDC-opposisielid van Zimbabwe, Tendai Biti, sê die regering het nie die kapasiteit om te doen soos wat hulle sê nie. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit is net ‘n droom van die regering.