Studie oor angs, depressie lewer skokkende uitslae

‘n Onlangse studie deur IQbusiness in Suid-Afrika het bevind meer as 66 persent mense wat in kantore werk, beleef uiters hoë vlakke van spanning, angs en depressie. Die studie is uitgevoer om vas te stel hoe hierdie versteurings die ekonomie beïnvloed. Volgens die bestuurshoof by IQbusiness, Nadine Nix, het 97 persent van deelnemers gesê hulle is bekommerd oor Suid-Afrika se ekonomie. Sy sê 54 persent het gesê hulle beleef finansiële spanning terwyl byna 70 persent laat blyk het dit wat hulle op die nuus hoor, beïnvloed hulle geestestoestand: