Zelensky sal G7 vandag toespreek

Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky, gaan die G7-beraad toespreek wat tans in die Beierse Alpe in Duitsland gehou word. Hy sal die leiers van Amerika, Duitsland, Brittanje, Frankryk, Italië, Japan en Kanada per video toespreek. Die oorlog in Oekraïne is boaan die G7 se agenda en nasies sal na verwagting verdere ondersteuning aan Kiëf beloof en nog sanksies teen Rusland voorstel. Volgens berigte sal Zelensky die wêreldmagte vra om hulp aan Oekraïne te verskerp deur meer swaar wapentuig te verskaf.