Protea-vroue opgewonder oor Engelse toets

Die Protea-vrouespan se kaptein, Suné Luus, sê hulle is opgewonde om hulle eerste toetswedstryd in byna agt jaar te speel. Hulle takel Engeland in ‘n eenmalige toets wat vandag in Taunton afskop. Engeland het aan vyf toetse deelgeneem sedert die Proteas hulle laaste wedstryd in 2014 gespeel het. Luus sê al is Shabnim Ismail en Chloe Tryon nie beskikbaar nie, sien sy daarna uit dat die jong spelers kragte meet teen ‘n sterk Engelse span: