Greenpeace sê plastiekvervaardiging moet beperk word

Graham Forbes van Greenpeace is van mening die toenemende teenwoordigheid van fossielbrandstof en petrochemiese nywerhede, en die uitwerking daarvan is nie wat mense wil hê of die klimaat nodig het nie. Tydens besprekings by die Verenigde Nasies se verdragonderhandelings in Kanada is gepoog om ‘n dooiepunt op te los tussen fossielbrandstof-nasies en ander wat die lewensiklus van plastiek wil aanspreek. Forbes sê VN-lidlande moet ʼn globale verdrag aanvaar wat plastiekvervaardiging beperk en die eenmalige gebruik daarvan verbied.