Zama-zama’s oorwegend buitelanders

Die buurland se verdediging-minister, Thandi Modise, sê altesaam 4 067 verdagtes is sover op verskeie klagte rakende onwettige mynbedrywighede aangekeer, insluitend by Eskom. Die Justisie-, Misdaadvoorkoming- en Veiligheidsgroepering van departemente het die inligting oor die vordering met die bekamping van georganiseerde misdaad op ‘n nuuskonferensie bekendgemaak. Modise sê die regering sal nie langer buitelandse burgers duld wat die Suid-Afrikaanse ekonomie deur middel van onwettige mynbedrywighede aanval nie.