WNNR stel grafeen-program op

Die Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad het ‘n grafeen-program opgestel om Suid-Afrika te help met die ontwikkeling van sy eie vermoëns, tegnologieë en produkte gebaseer op grafeen. Die WNNR sê die platform sal die deur oopmaak vir ‘n wye verskeidenheid bedrywe om grafeen-gebaseerde tegnologieë saam te verken en te ondersoek. Volgens die WNNR se hooftegnoloog, Mike Masukume, kan die swart poeier nuttig wees in die beskerming van elektroniese toerusting teen statiese elektrisiteit. Masukume sê die poeier is 200 keer sterker as staal.