Alweendo hou vergadering op Oshikango oor onwettige brandstof

Die Namibiese minister van mynwese en energie, Tom Alweendo, sal op 14 Junie om tienuur die oggend op Oshikango by Princess Pension Hotel ‘n vergadering met die gemeenskappe van Omusati en Ohangwena hou om die kwessie van die verkoop van onwettige brandstof te bespreek. ‘n senior skakelbeampte by die ministerie, Andreas Simon, sê die kwessie oor die verkoop van brandstof is ‘n groot bron van kommer vir die ministerie en die sakegemeenskap in daardie streke. Simon het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.