Withuis reageer skerp op dokument oor aborsiewet

Die Amerikaanse President Joe Biden sê ‘n vrou se reg om te besluit is fundamenteel. Hy het reageer op ‘n voorstel van die Amerikaanse hooggeregshof wat uitgelek het waarin voorgestel word die nasionale reg op aborsie, bekend as Roe teen Wade, moet omvergewerp word. Die hof gaan in Junie of Julie ‘n finale besluit neem. Biden sê ‘n hele klomp regte oor privaatheid, insluitend gelyke huwelike, kan in gedrang kom. Die adjunkpresident, Kamala Harris, het haar ook sterk teen die stand van sake uitgespreek.