Staatskaping: Gesag het meer bronne vir vervolging

Die Suid-Afrikaanse minister van justisie, Ronald Lamola, sê ‘n span is binne sy departement op die been gebring om die bevindinge van die staatskapingskommissie uit te voer. Die vierde deel van die kommissie se verslag is verlede week gepubliseer. Lamola sê sy departement versterk die Nasionale Vervolgingsgesag se menslike en finansiële hulpbronne. Hy sê die beskikbaarheid van nuwe hulpbronne moet die gesag help om georganiseerde misdaad, witboordjie-misdaad en korrupsie te beveg.