Winste in verband met entstof begin afneem

Die verkope van entstofprodukte en winsgrense gaan na verwagting vanjaar daal soos die Covid-19-pandemie afneem. Die entstof-vervaardiger AstraZeneca sê die totale inkomste uit koronavirus-medikasie gaan na verwagting met tot 20 persent daal. Die maatskappy sê sy wins het verlede jaar skerp afgeneem. AstraZeneca het blitsvinnig ‘n geslaagde entstof ontwikkel wat hom verlede jaar verkope van byna 60 miljard Namibiese dollar besorg het. Volgens berigte het Pfizer verlede jaar 1 000 Amerikaanse dollar se wins per sekonde verdien. Intussen sê die Wêreld-gesondheidsorganisasie die aantal Covid-19-gevalle in Afrika kan sewe keer hoër wees as wat amptelike data aandui. Die WGO se streeksdirekteur vir die vasteland, Matshidiso Moeti, sê sterftes weens die virus kan twee tot drie keer hoër wees. Moeti sê die organisasie erken probleme met waarnemingstelsels in Afrika het gelei tot die onderskatting van gevalle.