Mikroskyfie-tekorte kniehalter voertuigverkope

Voertuigverkope vir Januarie is bekend. ‘n Totaal van 705 nuwe voertuie is gedurende die maand verkoop teenoor 734 in Desember en 693 in Januarie 2021. Op ‘n jaargrondslag het passasiersvoertuie se verkope met 14,1 persent gestyg na 404 eenhede en ligte kommersiële voertuie het met 11,6 persent gedaal na 266 verkope. Verkope van medium kommersiële voertuie het met 44,4 persent gedaal na vyf eenhede toe en swaar kommersiële voertuie is af met 21,1 persent na 15 eenhede wat verkoop is. Simonis Storm sê dat internasionale mikroskyfie-tekorte het vervaardiging van voertuie onder druk geplaas wat invoere belemmer. Die makelaarsfirma is van mening dat voertuigverkope beter sou vertoon as die uitdagings nie bestaan het nie.