WinSalt word groot uitvoerder van veevoer, minerale soutblokke

WinSalt Manufacture is besig om een van die grootste uitvoerders van veevoer en minerale soutblokke vir lewende hawe wêreldwyd te word. Die Staatsinstellings-pensioenfonds, GIPF, het ‘n belegging van meer as tien miljoen Namibiese dollar aan WinSalt Manufacture gemaak. WinSalt Manufacture is ‘n eg Namibiese maatskappy wat in 2019 op Walvisbaai gestig is. Volgens die uitvoerende hoof, Craig Deyzel, het aan direksielede van GIPF gesê hulle het meer kliënte in die buiteland as plaaslik.