Bank Windhoek vuisbal-liga begin Saterdag op Swakopmund

Die Bank Windhoek vuisbal-liga keer Saterdag terug met ‘n toernooi op Swakopmund. Met tien volwasse en ses jeugspanne, is vuisbalspelers gereed om na ‘n blaaskans weer terug te keer. Die eerste wedstryd skop om agt-uur Saterdagoggend by die Swakopmund-vuisbalklub af. Die skakelbeampte van die Vuisbalvereniging van Namibië, Helmo Minz, sê vuisbal is gewild in Namibië.