Tweede babafetus in een week by Kaisosi ontdek

‘n Tweede babafetus is binne ‘n week in Kaisosi in die Kavango-Oos-streek gevind. Die polisie in die streek ondersoek ‘n saak van verberging van geboorte nadat ‘n tweede fetus van tussen twee maande en vier maande oud in Kaisosi se riooldam gevind is. Die eerste fetus is op 4 Februarie in dieselfde riooldam gevind. In albei gevalle is die ontdekking deur ‘n werknemer van Rundu se munisipaliteit gemaak wat besig was om materiaal te verwyder wat die riooldam se pompstasie verstop.