Windhoekse Stadspolisie-hoof bevestig tariewe op dienste gaan in 2023 gehef word

Die hoof van die Windhoekse Stadspolisie Abraham Kanime het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig die stadspolisie gaan vanaf 1 Januarie 2023 jaar tariewe hef vir sekere dienste en wat insluit polisiebegeleiding en bystand tydens geleenthede. Individue en organisasies sal ook voortaan moet opdok vir versoeke vir ongeluksverslae, beeldmateriaal van kringtelevisie, sowel as verklarings wat verkry moet word van klaers, slagoffers of getuies.