Oorskryf van Unam se onderwys-eksamens verloop glad

Studente van die Universiteit van Namibië het vandag begin om hul onderwys-eksamens oor te skryf nadat sekere eksamenvraestelle uitgelek het. Unam het nuwe datums vir die eindeksamen uitgereik vir vakke wie se vraestelle uitgelek het. Die studente het weer vanaf vandag die eksamen begin skryf wat tot Vrydag sal voortduur. Shahid Dickson, Unam se assistentdirekteur vir samewerkingsbetrokkenheid, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die proses verloop glad.