Windhoek Stadspolisie maan teen kitsvloede

Windhoek ervaar steeds swaar reën wat lei tot die oorstroming van riviere en kitsvloede in laagliggende gebiede. Verskeie rivierlope is steeds oorstroom weens die swaar reën en Windhoek Stadspolisie maan die publiek teen die oorsteek van hierdie gebiede te voet of deur hulle te ry. Dit kan daartoe lei dat voertuie weggespoel word of erger, lewensverlies. Draai liewer om en vind ‘n alternatiewe roete. Die polisie sê enige voertuig, of dit nou ‘n klein sedan of ‘n groot vragmotor is, kan in net een tot twee voet water weggesleur word. Motoriste word dus aangeraai om laagliggende brûe, gebiede wat geneig is tot kitsvloede of groot poele water op die pad te vermy.