Winde: Fiskale krisis weens staatsdiens-loonskikking

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, vra in ‘n brief aan President Cyril Ramaphosa dat dreigende verlagings in die 2023 mediumtermyn-bestedingsraamwerk dringend op die komende agenda van die President se koördinerende raadsvergadering geplaas word. Die vergadering word Vrydag gehou. Winde sê die fiskale krisis is grootliks geskep deur die 2023/2024 en 2024/2025-staatsdiens-loonskikking, wat aangegaan is sonder die nodige befondsing.