Wildmisdaad: Itermagô’s loop deur in ses dae

Die omgewingsministerie het die jongste wildmisdaad-statistieke vir 10 tot 16 Oktober bekend gemaak. Daar was vier nuwe sake gedurende die tydperk gemaak met vyf verdagtes wat in hegtenis geneem is. Die sake hou verband met die onwettige handel in ietermagô’s, sowel as olifantstropery. Daar is ook beslag gelê op twee lewende ietermagô’s in die ses dae. Geen sake is in die periode afgehandel nie en daar was 11 verhore in verband met wildmisdaad. Van die sake wat agt in verband met die handel in ietermagô’s.