Wes-Kaap gereed vir brande in winterseisoen

Wes-Kaapse rampbestuur-agentskappe het begin om die provinsie se brandreaksie-strategieë op te skerp namate die winterseisoen nader kom. Elke jaar in die kouer maande neem brande in townships en informele nedersettings drasties toe wat lei tot die verlies van lewens en vernietiging van duisende huise. Ons korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, is aan die woord.