WGO: Sierra Leone aanvaar tabak-wetgewing

Die Wêreldgesondheids-organisasie in die Afrika-streek sê Sierra Leone is die jongste van 38 lande in die Afrika-streek wat wetgewing aanvaar het om sy bevolking teen die skadelike gevolge van tabak- en nikotien-produkte te beskerm. Die Wet op die Beheer van Tabak en Nikotien van 2022 is eenparig deur die land se wetgewers as wet aanvaar. Sodra die land se President dit goedkeur, sal die bepalings van die nuwe medium vir openbare gesondheid ten volle ingestel word.