Tadu Naru van Ethiopië wen Tshwane Spar Grand Prix

Atletiek: Die Ethiopiese atleet, Tadu Nare het nog ʼn gerieflike oorwinning behaal in die tien kilometer Tshwane Spar Grand Prix by die Irene Landboukundige Sentrum. Die verdedigende kampioen was eerste in 32 minute 44 sekondes. Die Tshwane-wedloop is die vierde van ses wedlope in die Spar Grand Prix-reeks. Nare se landgenoot en spanmaat, Selam Gebre was tweede in 33 minute 8 sekondes en die drie-malige Spar Grand Prix-wenner, Irvette van Zyl, derde in 34 minute 14 sekondes. Namibiese veteraan marathon-atleet, Helalia Johannes, wat dié marathon oorheers het, was afwesig. Sy het ‘n brons medalje by die Birmingham Statebondspele ingepalm.