WGO kritiseer Chinese Covid-beleid

Die hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê China se Covid-19-beleid is nie volhoubaar nie, gegewe wat nou van die virus bekend is. Volgens Ghebreyesus fouteer Chinese owerhede om nul-gevalle en infeksies te bereik omdat dit in die toekoms die land se bevolking in gedrang kan stel. Hy meen daar is talle instrumente om die virus te bekamp en dat Chinese owerhede hul strategie moet aanpas. Sy opmerkings kom te midde van voortslepende inperkings in daardie land.