WFP bied bystand aan beleërde Libië

Die Verenigde Nasies se voedselprogram sê hy het reeds begin om noodvoedselhulp te versprei aan 5 000 gesinne in 16 Libiese stede. Dit volg nadat meer as 5 000 mense vermoedelik dood is en 10 000 vermis word nadat swaar reën in die noordooste van Libië twee damme laat breek het. Die Wêreldvoedselprogram sê die kospakkies wat aan gesinne oorhandig word, bevat rys, pasta, koringmeel, suiker, wit bone, tamatiepasta en olie. Lande wat reeds hulp aan Libië gestuur het of gereed is om te help, is Amerika, Duitsland, Iran, Italië, Katar en Turkye.