Verkragtings by Mururani is kommerwekkend

Die aantal verkragtings onlangs in die Kavango-Wes-streek is kommerwekkend, veral nadat drie sulke sake, almal in Mururani oor ‘n tydperk van sewe dae aangemeld is. Volgens die polisie op Mururani is ‘n 16-jarige graad-4 leerling na bewering Saterdag verkrag deur ‘n 29-jarige verdagte. In ‘n ander saak is ‘n 17-jarige leerling glo verkrag deur twee seuns wat onderskeidelik 16 en 17 jaar oud is. Nog ‘n saak is aangemeld van ‘n beweerde verkragting van ‘n minderjarige by Gcugcuma-dorpie. ‘n 24-jarige verdagte is gearresteer. Joy Kapepo, Girl Up Namibia-streekleier, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor hoe hierdie maatskaplike siekte hokgeslaan kan word.