Wetgewing oor rooilyn-huwelike reeds 4 jaar in ‘wording’

Die konsepwetsontwerp om huwelike noord van die rooilyn, binne gemeenskap van goedere toe te laat, is steeds nie gefinaliseer nie. Die ministerie van justisie het reeds in 2018 gesê die aanpassing sal binnekort gemaak word. Op die oomblik, is daar baie groot uitdagings in veral landelike huishoudings waar, wanneer die vader sterf, sy familie sy besittings opeis en die ma en kinders talle male haweloos laat. Sou paartjies wat noord van die kordonheining getrou het die bepaling wou verander, moet hulle eers skei. Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het onlangs die vertragings in die Nasionale Vergadering betreur met wetgewing wat jare neem om deurgevoer te word.