Werner Kok blink uit met driekuns vir Haaie

Rugby: Werner Kok het sy 50ste verskyning vir die Haaie met ‘n driekuns teen Scarlets in Wallis gevier. Hulle het die Walliesers gisteraand met 32-27 in die Verenigde Rugbykampioenskappe geklop. Die Bulle sal na verwagting vanmiddag ‘n opdraande stryd op Loftus hê wanneer hulle die Ospreys pak. Die Leeus kom in Johannesburg teen Munster te staan. En wanneer die Stormers vanmiddag in Kaapstad Leinster die stryd aansê, sal die stut Brok Harris die eerste speler wees wat 150 keer vir sy span in die VRK op die veld draf.